+27 16 364 4144

Testimonials

Home Testimonials

Testimonials

Hi Jacques, Marisel en Bernard Sjoe, eintlik weet ek nie waar om te begin DANKIE sê nie. Julle het ons dag voorwaar ‘n groot sukses gemaak. Van die kleinste detail tot die kos was net oortreffend gewees. Die hele venue het so mooi ingepas by my “Plaas” tema, en omdat ek julle ken, was ons troue nog meer spesiaal gewees. Ons gaste kan nie uitgepraat raak oor julle wonderlike gasvryheid, die lekker kos, en al julle harde werk nie. Baie dankie, julle het my droom troue ‘n werklikheid gemaak en daarvoor sal ek julle altyd dankbaar wees. Ons sal enige tyd julle dienste en venue aanbeveel vir enige iemand wat ‘n funksie wil hou. Baie dankie!

Christelle Kotzè

Jacques en Marisel, Elke dogtertjie het droom van klein tyd af oor hoe haar groot dag moet wees en net soos die goeie fee in aspoestertjie haar pampoen in ‘n koets verander het, het julle my droom ‘n werklikheid gemaak. My dag was perfek! Jacques, Marisel julle kan julself op die skouer klop julle het regtig ‘n wen resep! Baie dankie vir die opmaak van die saal en kapel dit was pragtig. Jacques, dankie vir jou hulp tydens die neem van ons fotos, die water en vervoer word op reg waardeur. Die kos was 5 ster en almal het dit geniet. Die aand in total was een groot sukses. Ons kon dit alles afsluit met ‘n ontbyt die volgende oggend soos net plaaskombuis weet hoe. Dankie dat julle ons met soveel gasvryheid ontvang het en ons dag vir ons so spesiaal gemaak het julle is tops!!!

Riaan & Nadia

‘n GROOT dankie aan Plaaskombuis Country Estate vir hul grasvryheid wat my en my gaste laat tuis voel het en my groot dag so spesiaal gemaak het. U it ‘n hele paar venue’s in die Vaal driehoek het Plaaskombuis my hart gesteel met sy groen gransperke, pragtige foto neem plekkies, oulike kapel en saal en nie eers te praat oor die ongelooflike kos nie. Plaaskombuis is ‘n gerieflike venue met alles op een plek met puik diens om in jou behoeftes te voldoen. Baie Dankie Marisel en Jacques 10/10 . Met baie liefde.

Shaun en Monique Stapelberg

Hi Jacques & Marisel, Wil net se nogmaals baie dankie vir 'n troue uit die boonste rakke!! Onsself sou ons dit nie beter kon doen nie en ons wil net nogmaals se ons waardeer dit baie. Dankie vir die perfekte troue!! En met perfek bedoel ek werklik perfek, julle het alles gedoen om ons spesiale dag uniek te maak en dit was flopvry en ons hoef oor niks bekommerd te gewees het nie. Ons het net die opdragte gegee en dit was perfek en met diegrootste sorg uitgevoer. Kos was ook uit die boonste rakke, ons kon regtig nie vir beter gevra het nie!! Julle het jul regtig oor ons ontferm en doen jul leuse "where old fashioned hospitality never dates" in elke ware sin van die woord gestand! Dankie vir die uitstekende unieke gasvryheid, onshet regtig tuis gevoel en kon nie vir 'n meer perfekte troue gevra het nie!! Nogmaals dankie julle, jul is nou deel van ons lewens en ons sien jul beslis weer!

Liefde George & Daleen van Zyl